Antipas

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Home Afrikaanse Lektuur Heroute AH0048 As die kerk maar waarlik kerk sal wees

AH0048 As die kerk maar waarlik kerk sal wees

'n Aantal gedagtes oor Handelinge 20:17-38

Soos die kraai vlieg, was Efese omtrent 50 km van Milete af. Dit was egter 'n moeilike pad en dit het 3 dae se harde stap geverg om dit af te lê. Vir Efese se ouderlinge was dit dus groot moeite om by Paulus uit te kom. Maar hulle het dit met vreugde gedoen, want hulle het geweet dat kontak met die Here se apostel altyd wonderlike dividende opgelewer het. En so het dit ook geblyk - en in die proses het óns 'n stuk Skrifopenbaring gekry wat boordevol betekenis is.

'n Aantal gedagtes oor Handelinge 20:17-38

Soos die kraai vlieg, was Efese omtrent 50 km van Milete af. Dit was egter 'n moeilike pad en dit het 3 dae se harde stap geverg om dit af te lê. Vir Efese se ouderlinge was dit dus groot moeite om by Paulus uit te kom. Maar hulle het dit met vreugde gedoen, want hulle het geweet dat kontak met die Here se apostel altyd wonderlike dividende opgelewer het. En so het dit ook geblyk - en in die proses het óns 'n stuk Skrifopenbaring gekry wat boordevol betekenis is.
  • Dit is sekerlik betekenisvol dat ons hier die enigste rede in Handelinge het wat tot Christene gerigis. Die ander toesprake is óf evangelisties van aard - 3 maal teenoor die Jode (2:14vv; 3:12vv; 13:16vv) en 3maal teenoor nie-Jode (10:34vv; 14:14vv; 17:22vv); óf dis stukke regsverdediging - 3 maal voor dieSanhedrin in die vroeë dae (4:8vv; 5:29vv; 7:1vv) en 5maal voor Joodse en Romeinse owerhede teen dieeinde van die boek (h.22-26).
  • Die leiers van Efese word op 3 maniere genoem: "ouderlinge" ('n woord wat dui op ouer en meer ervaremanne) (17); "opsieners" (regeerders) (28, OAV); "herders" (oppassers van die Here se kudde) (28, OAV).
Hierdie benaminge is konsekwent in die meervoud. So is dit regdeur die Nuwe Testament. Elke volwaardige gemeente moet deur 'n span ouderlinge gelei en versorg word - nie net deur eenpersoonnie.

'N OORSIG OOR DIE GEDEELTE

'n Terugblik (20:18-21).

Die dinge wat die apostel noem, suig hy nie uit sy duim uit nie. Die Efesiërs "weet" dat dit wat hy sê die waarheid is (18, 34). Hy het hard onder hulle gewerk - sy hele lewe in hulle ingestort.

Paulus onderstreep veral 5 dinge:
  •  
    • Wat hy vir die Efesiërs gedoen het, was in die eerste instansie en ten diepste vir die Here (19).
  •  
    • Hy het hom nie oor die Efesiërs verhef nie, maar sy werk in nederigheid gedoen (19).
  •  
    • Dit was nie maklik nie, maar het met baie hartseer en swaarkry gepaard gegaan (19).
  •  
    • Hy het die volle raad van God onvermoeid, toegewyd en getrou vir hulle geleer (20).
  •  
    • Hy was nie net pastoraal besig nie, maar het ook voortdurend geëvangeliseer (21).
'n Voortblik (20:22-27)

Die Heilige Gees het aan Paulus gewys dat swaarkryen gevangenskap op homwag (23). Togkan - enwil - hy dit nie vermy nie. Die Gees dring homJerusalemtoe, hoewel hyweet dís waar hyprobleme gaan kry (22).
  •  
    • Beheersend hier is Paulus se oortuiging dat hy die Efesiërsnieweer gaan sien nie. Kennelik verwag hy dat sy lewe spoedig tot 'n einde kan kom (25).
Dit laat sy gedagtes loop na Ese 3 en 33, en die gewigtige vooruitsig van verantwoording aan God oor die rentmeesterskap van sy lewe en bediening hier op aarde. Maar alles wat hy kon,het hygedoen - sy gewete is skoon. Daaromkan hy in vrymoedigheid vir die Efesiërs sê dat hy"rein is van diebloed vanalmal" (26, OAV).
  •  
    • Waarom kan hy so 'n oortuigde stelling maak? Vers 27 gee die rede: "want ek het nie nagelaat om die heilsplan van God in sy volle omvang aan julle te verkondig nie." As daar dus van die Efesiërs verlore gaan, is dit nie sy skuld nie.
'n Oproep (20:28-35)

Paulus het agtertoe en vorentoe gekyk. Nou maak hy in die lig daarvan 'n appèl op sy mede-gelowiges:
volhard in getrouheid en waaksaamheid! (28-31).
  •  
    • In die eerste instansie moet die ouderlinge hulleself oppas (28a). Per slot van rekening is ook hulle net skape, wat niks vir die kudde kan beteken as hulle self geestelik veragter nie.
  •  
    • Tweedens moet hulle na die Here se kudde omsien. Dis 'n gewigtige opgawe, want diekudde is oneindig kosbaar. Met Sy eie bloed het Christus hulle gekoop (28b).
  •  
    • 'nGroot rede waaromEfese se ouderlinge waaksaammoes wees,wasdat "wredewolwe"na Paulus se vertrek onder hulle sou indring (29).
Hierdie gewetenlose en leuenagtige dwaalleraars sou selfs uit hulle eie gelederena vorekom - en"die gelowiges agter hulle aan ... probeer verlei" (30).

Tot vandag toe is dit 'nbelangrike lakmoestoets vir die egtheid al dan nie van herders: bindhulledie Here se kudde aan Hómof aan hulleself vas?

'n Hartseer afskeid (20:36-38)

Uiteindelik dra Paulus die gemeente aan God op en aan die woord van Sy genade (32).
  •  
    • Ten slotte herinner hy hulle weer aan sy voorbeeld (33-35). Enwatwas dieessensie van sy dienswerk onder hulle? Hy het geen teenprestasie of kompensasie van hulle verlang nie. Finansiële vergoeding wou hygeensins van hulle ontvang nie. Hywas soos 'n slaaf onder hulle. Ja, hy washúlle slaaf, maar ten diepste Jesus Christus sãn!
Duidelik het Paulus 'n hoë premie geplaas op so 'n bedieningsbenadering (vgl. ook (1Kor 4:12; 9:12b, 15-19; 2Kor 7:2; 11:7-12; 1Tes 2:8-12; 2Tes 3:7-9). Dit is die heel laaste ding wat op die Efesiërs se harte gedruk word, en 3 verse word daaraan gewy. Die implikasie is onmiskenbaar. Paulus wil vir die Efesiërs sê - en Lukas vir ons - volg hierdie voorbeeld na! Dis immers hoe die Here Jesus geleef het (Luk 8:3). En dis hoe Hy Sy dissipels geleer het (Mat 10:9-10; Mrk 6:8-9; Luk 9:3; 10:4).
  •  
    • Onmiskenbaar duidelik is die wonderlike liefde tussen apostel en ouderlinge ashullegroet.
Onder trane neem hulle vir die laaste maal afskeid.

DIE MERKWAARDIGE WOORD
  • Vers 32 bevat 'n besondere uitspraak. As Paulus op die punt staan om finaal van die Efesiërs afskeid te neem, vertrou hy hulle nie net aan God toe nie, maar ook aan die woord van sy genade. Sonder twyfel verwys hy hier na die besondere openbaring van God. Die Ou Testament was reeds op skrif. En die Nuwe Testament was in die proses omop skrif gestel te word. Vir alle praktiese doeleindes het die apostel dusdit wat ons as die Bybel ken hier in gedagte.
Hierdie is 'n gewigtige geleentheid. Paulus weet, in hierdie lewe gaan hyhierdie geliefde broers nie weer sien nie. Dis soos sterfbedwoorde. Hybepaal hom in syuitspraak net by die wesentlike. Elke woordis geweeg en gelaai.
  • Waarom vertrou Paulus hierdiemense nie net aan God toe nie? In respek gevra, kan die Here nie op Sy eie na hulle omsien nie? Moet die Woord Hom help?
  •  
    • Ons is hier by 'n kardinaal belangrike beginsel. Godwerkmiddellik!Hy gebruik instrumente!
En as dit gaan oor die instandhouding en opbou van 'n gemeente, is geen instrument belangriker as die Woord nie.Die Gees werk deur dieWoord! Tot so 'n mate is dit waar, dat die kerk deur die eeue 'nbeginsel geformuleer het: Woord en Gees moet onderskei word, maar nooit mag mens die twee skei nie.
  •  
    • Maar, let op, Paulus kwalifiseer dieWoord. Dis dieWoord van God segenade.DieGriekse konstruksie wil sê: die woordmet as inhoud God se genade. Paulus het dus die Evangeliewoord ingedagte (20:24) - die Woord wat die goeie nuus oor God se genade in Christus dra. Te veel mense dink aan prediking as bloot moralistiese vermaning. 'n Duisend maal nee! Ware prediking is Godgesentreerde en Christusgefokusde proklamering van God se vrye genadeheil vir sondaars. Prediking wat nie Christosentries is nie, is geen prediking nie - en dit doen meer kwaad as goed.
  •  
    • Van hierdieWoord sê Paulus dat dit "magtig" is. Dit kan twee dinge vir die Efesiërs doen - en sekerlik ook vir ander mense:
  •  
    •  
      • Eerstens is dieWoord magtig om hulle "op te bou". 'n Lewende gemeenteis soos 'n groot gebou wat onder konstruksie is. Die uitdagings is elke dag nuut. Nuwe mense word gedurig bygevoeg. Elkeen in die kudde se omstandighede is verskillend en verander voortdurend. Altyd is daar sowel ryp gelowiges as dié wat nog met die eerste beginsels worstel. En deurgaans is een van die belangrikste oogmerke dat elkeen toeneem in kennis van God, in gelykvormigheid aan Christus, en in bruikbaarheid as werker in die wingerd.
En hierin speel bediening van die Woord 'n sentrale rol.
  •  
    •  
      • Tweedens is die Woord magtig om hulle te laat deel in die kinders van God se erfenis. Die Woord, veral die prediking daarvan, is dié instrument om die gelowiges deur te dra tot by die wenpaal. Te veel Christene verwaarloos hierdie beginsel. Dan is hulle verbaas dat hulle in die geloof veragter as hulle nie gereeld met die Woord omgaan en onder waarheidsprediking sit nie.
  •  
    • Let verder op dat hierdie primêr 'n opdrag aan die ouderlinge van Efese is. Sooshy, Paulus, in die verlede met onvermoeide ywer en hartstogtelike erns by elke geleentheid en plek die heilsplan van God in sy volle omvang verkondig het (27, 31), so moet hierdie herders dit ook doen. Waarom is dit so belangrik? Omdat dit die één waarborg is dat hulle nie tevergeefs sal arbei nie. En so is dit tot vandag toe.
Die Here se werkswyse en gereedskap het nie verander nie.

ENKELE PRAKTIESE OPMERKINGS

1. Die krag van die Evangeliewoord word sigbaar op talle maniere
  • Die Woord werk op talle maniere.
Soms werk dit stadig en diep, ander kere blitssnel soos 'n pyl.Maar altyd is dit onweerstaanbaar en onfeilbaar effektief as die Gees dit laat tref. Waarom? Dit werk in jou hart, in die sentrum van jou persoonlikheid - daar waar alles wat jy is en glo bepaal word.
  • Alle soorte mense word daardeur geraak.
Deur die eeue het tallose magtiges en invloedrykes laag voor die Woord van God en die God van dieWoord gebuig. Hooggeleerdes het soos kindertjies geglo. Eenvoudigeswatmaarmin vanhierdiewêreld en sy dinge begryp, het wys en verstandig geword wanneer dit gegaan het oor wat regtig saak maak. Die mees verdorwe mense in die samelewing is keer op keer onherkenbaar deur die evangeliewoord omgedop.
  • Die krag van die Woord word sigbaar in die effekte daarvan op mense.
As die Woord regtig diep werk, verander mense se persoonlikhede dikwels só dat hulle haas onherkenbaar is. Muise word mans; geitjies word dames; ape word wys; jakkalse, buffels en varke is nooit weer dieselfde nie. Aan eie lyf het Paulus dit self beleef: "Die man deur wie ons vroeër vervolg is, verkondig nou die geloof wat hy destyds probeer uitroei het" (Ga 1:23).

Ook word mense se prioriteite alles behalwe onaangeraak gelaat deur dieWoord.Hoeveel wat eers rykdom, eer en plesier nagejaag het, het nie deur die geskiedenis hoon of armoede of selfs die dood ter wille van Christus en Sy evangeliewoord omhels nie! En ken óns wat deur God se genade herskep is, nie die ervaring nie? Ons wat eens eindeloos geïrriteer is deur ware Christene, kan nou nie wegbly waar die dissipels van Jesus vergader nie.

2. Die krag van die Woord het 'n baie spesifieke oorsprong.
  • Die krag sit nie in die Woord self nie.
Die Bybel het nie magiese krag nie. Op sigself kan dit niks bereik nie. Nee, dieWoord is soos die bad van Betesda se waters - dit het nét genesende krag as 'n engel by wyse van spreke dit kom roer (Jhn 5).
  • Die krag sit nie in die instrument wat dit bedien nie.
Hulle wat plant en nat maak is niks nie (1Kor 3:7). Natuurlik is hulle nodig - want God werk middellik (Rom 10:14-17) - maar op sigself het hulle geen krag nie. En dis 'n groot genade, want indien predikers in beheer was van die Woord se effekte, sou die bloed van elkeen wat onder hulle bediening verlore gegaan het, van hulle hand ge-eis kon word.

Vroeër jare het die sendelinge wat in Wellington opgelei is, hulleself "die donkies" genoem. Hulle het hulleself bloot as die pakdiere beskou wat die kragtige evangelie die wêreld moes indra.
  • Die Woord het net krag wanneer die Heilige Gees daardeur werk.
As die Gees die Woord bekragtig, is dit magtig, maar ook net dán.

Soewerein bepaal die HeiligeGees watter Skrifgedeelte Hy wil gebruik in diebekering of opbouvan 'n persoon of persone. Hy bepaal watter mense daardeur geraak word. En Hybesluit oor die geleenthede en seisoene van krag.

Laat dit egter vir ons tot wonderlike bemoediging wees omte weet dat die Gees vreugde daarinhet omdieWoord te bekragtig. En dit hoef ons nie te verbaas nie. Hyword immers genoem: "die Gees van die waarheid" - en die Woord van God is waarheid. Hy is "die Gees van die oes" - en dis die evangeliewoord wat sondaars red, opbou en bewaar. Les bes is Sy basiese taak omChristus te verheerlik (Jhn 16:14) - enHý is die Hoofkarakter van die Woord.

3. Hóé herders in 'n kudde werk, is van die allergrootste belang.
  • Wat is die ouderlinge se taak in 'n gemeente?
Mens sou minstens 7 dinge kon beklemtoon:

Hulle moet die heiliges met dieWoord van God voed; pastoraal en geestelik na hulle as individue omsien; die volle waarheid van God vir hulle leer; hulle toerus omdienswerk in die gemeente en daarbuite te doen; hulle beskerm teen wolwe en dié se dwaalleer; leiding in die gemeente gee; en (helaas is dit ook soms nodig) daardie skape wat hulle soos bokke gedra, of inderdaad bokke is, dissiplineer - soos die situasie dit mag vereis.
  • Die Opperherder gee drie stukke gereedskap aan Sy onderherders - en net drie.

    Eerstens het hulle die Woord as kragtige instrument.
Tweedens het hulle gebed - dus inspraak by die almagtige Heerser van hemel en aarde (Han6:4).

Derdens is daar die invloed van hulle voorbeeld. In 1Pet 5:3 sê die apostel vir dieouderlinge dat hulle nie moet baas speel oor diegene watGod aan hulle sorg toevertrou het nie, maar dat hulle ãn voorbeeld vir die kudde moet wees. En in 1Kor 11:1 roep Paulus die gelowiges op omsy voorbeeld te volg, soos hy die voorbeeld van Jesus navolg.
  • Die ouderlinge se gesindheid in hulle dienswerk is van die allergrootste belang.
Ten minste vyf dinge is onmisbaar:

Liefde vir elke lidmaat.
Begrip en verdraagsaamheid, want dis bloot "skape" waarmee die herders werk.
Respek vir elke broer en suster, aangesien elkeen só kosbaar deur die Here geag word dat Hy Sylewe vir hom of haar afgelê het.
Diensbaarheid, omdat die grootste in die koninkryk diegene is wat dien.
Vertroue in elke gelowige se integriteit, erns en toewyding aan die Here.
  • Laasgenoemde gesindheid van die onderherders vereis 'n opmerking of twee.
Die Skrif leer onmiskenbaar dat die Here deur Sy Gees gawes of spesiale bekwaamhede vir Sy liggaam gee. En elke lid van die liggaamhet deel daaraan. Ouderlinge moet dus vertroue hêin dieGeesse werkinge in die liggaam. Hulle moet erns maak met die priesterskap van die gelowiges. Nog meer, as mense nie die geleentheid gebied word omhulle gawes te oefen nie, sal hulle nooit gekonfyt raak daarmee nie.

Maar voordat hulle so 'n vertroue in mense kan hê, vereis dit dat ouderlinge, sover dit menslikmoontlik is, seker sal maak dat voornemende lidmate inderdaad skape is, en nie bokke wat hulle asskapevoordoen nie.

Niks lê 'ngemeente so lamsoos 'n klomp mense in symidde wat die Here nie regtig ken nie. Dit iswaarom volkskerke in 'n samelewing onbeskryflike skade doen aan die kerk en evangelie se goeiegetuienis, asook die Here se eer. Hier is ons dalk by die grootste enkele rede waarom die Afrikaansesamelewing teen 'n ysingwekkende tempo besig is om oor die afgelope jare sy rug op die kerk te draai.

Presies dieselfde verskynsel het hom in Europa met sy volkskerke afgespeel.

Maar 'n verdere en balanserende opmerking is nodig. In reaksie teen kerke wat vol onwedergeboremense sit, is daar ander kerke wat súlke hoë standaarde vir toetrede verg, dat hulle amper eksklusieweklubs raak. Nie alleen is so 'n mentaliteit onbybels nie, dit veroorsaak 'n skadelike en Godonterendefariseïsme. G'n wonder dat sulke gemeentes in hulleself gekeer, en jaar in en jaar uit net 'n handjievol blynie.

Nee! As iemand regtig tot bekering kom, kwalifiseer hy of sydadelik vir lidmaatskap. So 'npersoonis immers onmiddellik in Christus en deel van Sy liggaam. Dan moet hy uiteraard geleer word "om alles te onderhou" wat die Here Jesus beveel het (Mt 28:19). Maar dit moet ín die gemeente geskied. Die kerk is 'n werkswinkel, nie 'n museum nie.
  • Wat die gesindheid van herders betref, móét ek verwys na 'n anekdote wat my eie hart op 'n stadium deurboor het:
Oor een van die grootste predikers en pastors van alle tye, C.H. Spurgeon, vertel sy seun ná sydood: hy en sy pa was vir 'n lang tyd uit die gemeente weg. Met hulle terugkoms is 'n geselligheid gehou,omdat die mense vol uitbundige vreugde was dat hulle herder terug is. Terwyl die seun die mense seblydskap so gadeslaan, sê hy toe vir homself: "Hulle het hombaie, baie lief - amper so lief soos hy hullehet!" Sekerlik was hierdie een van die sleutels tot Spurgeon se bedieningsukses.
  • In sy dienswerk was Paulus die toonbeeld van deeglikheid. Hyhet allemoontlikewaarheidaan alle moontlike mense op elke moontlike wyse verkondig. Met al sy krag het hy die hele evangelie aan die hele stad gebring.
Gãn wonder dat hy 'n inspirasie vir Efese se ouderlinge was nie. En, natuurlik, is hy tot vandagtoe'nvoorbeeld vir alle pastors en predikers - en Christene in die algemeen.
  •  
    • Hy was deeglik in die lering wat hy gegee het.
Hy het "die evangelie van God se genade" gepreek (24); hy het die "koninkryk vanGod" verkondig(25); oor die noodsaak van bekering en geloof het hy nie geswyg nie (21); niks wat vir die gemeentevoordelig was, het hy teruggehou nie (20); en hy het die heilsplan van God in sy volle omvang vir diegemeente geleer (27).
  •  
    • Paulus was deeglik in sy werkswyse.
Hy het in die openbaar en in huise gepreek en geleer (20). Hy het dag en nag gewerk, bywyse van spreke. Hy het hom dus nie aan werksure gesteur nie. Hy het baie keer met trane vermaan en bemoedig(31).
  • Oor sy eie prediking het die ou Puritein, Richard Baxter, gesê: "I preach as never sure to preachagain - as a dying man to dying men!"
4. Vals herders en dwaalleraars is 'n werklikheid.
  • Oor en oor waarsku die Nuwe Testament teen diesulkes. Die Here Jesus noemhulle roofsugtige wolwe in skaapklere (Mt 7:15). Hulle was destyds aktief; hulle was deur die eeue bedrywig; hulle is vandag steeds met ons.
Predikersmoet in die eerste instansie positief die wondere van God segenade-evangelie verkondig, vir seker. Maar oor die wolwe mag hulle ook nie vir baie lank swyg nie.

5. OmSy heiliges in gemeentes saamte bind, is in die hart van die Here se verlossingsplan.
  • Só sentraal is die gemeente in God se ordes en raadsplan, dat al drie personevan dieDrie-eenheid betrokke is by die heiliges se redding en versorging in gemeenteverband. Dit is God se gemeente.Christus het hulle met Sy eie bloed gekoop. Die Heilige Gees stel herders aan omhulle as die Heresemedewerkers te versorg (28).
Waarlik, om deel van 'n egte en lewende gemeente van die Here Jesus te wees, is een van diegrootste voorregte wat enigeen in hierdie lewe kan smaak.
  • Ontstellend baiemense wat hulleself as Christene beskou, is traak-my-nieagtig oor diedeelhê aan 'n ware en lewende gemeente. Sulke mense verstaan nie die ordes van God nie. Bybels-gesproke is eiesinnige, alleenloper Christenskap ondenkbaar. Leesmens die Nuwe Testament, besef jybaiegou dat ditdeurgaans ons Christenskap in die konteks van 'n liggaamslewe plaas. Let net op hoeveel vandieopdragteaan dissipels te doen het met verhoudings met mede-gelowiges. Só veronderstel die mekaar-tekste,waarvan daar talle is, ons lewens as ingeweef in 'n liggaam van broers en susters.
Mense wat op hierdie punt God se ordes minag, moet verwag dat hulle geloofsleweernstigeskade gaan kry. [Dis natuurlik ás hulle geloof hoegenaamd eg is, want liefde vir die broers en susters is sonder uitsondering 'n uitvloeisel van die wedergeboorte (1Jh 3:14-20; 4:7-21)]. En, ewe erg, mense wat hulle Christenskap buite gemeente-verband probeer uitleef,maak - menslik gesproke - amper altyd seker dathulle kinders eendag kerklos en ongelowig sal wees.
  • Natuurlik is nie álle gelowiges bevoorreg om'n aktiewe deel van 'nlewende gemeenteteweesnie.
Soms leef sendelinge baie afgesonderd. En sommige mense moet inomgewingswoonen werk buite bereik van 'n gemeente. Vir Sy gunsgenote wat hulle buite hul beheer in sulke omstandighedebevind, het dieHere egter spesiale genade.Watmeer is, die roeping rus dalk op hulle ominstrumenteel te wees in die vorming van 'n gemeente in die uithoek waar hulle hul bevind. En natuurlik, as troos en noodmaatreël, stel moderne tegnologie ons vandag in staat om ten minste altyd toegang te hê tot klank- en video-opnames van goeie prediking.

  • In die bespreking hierbo moet ons die begrip kerk of gemeente nie verkeerd verstaan nie. 'n Geïnstitusionaliseerde vertakking van 'n denominasie is nie noodwendig 'n gemeente in dieBybelsesin nie. As die Skrif van 'n gemeente praat, praat dit van 'n groep dissipels van Jesus Christus wat doelbewus by mekaar ingehaak het in hulle toewyding omHomgesamentlik volgens Syopdragte te dien. Enhulle sal ten minste 'n premie plaas op waarheidsprediking, op aanbidding en beoefeningvan diesakramenteingeesen waarheid, en op dissipline volgens Nuwe Testamentiese standaarde.

'n Handjievol mense kan so 'n gemeente vorm, selfs net 'n gesin, as dit régtig nie anders kan nie.

 

Nuusflits

Van die beste Konferensie preke op mp3 is nou beskikbaar vir gratis aflaai op ons suster webwerf Nuni De !! (Nog preke sal mettertyd opgelaai word)

 

roos2.jpg

Gewilde Artikels / Popular Articles

E0130 Die genade van lyding
Nico van der Walt

JOB 1:20-3:19 [3] MIN DINGE WYS SO DUIDELIK UIT VAN WATTER STOFFASIE IEMAND GEMAAK IS, as óf uitsonderlike voorspoed, óf uitsonderlike teëspoed.
Baie mense kan welvaart nie hanteer nie; dit l [ ... ]


AH0052 Die lyding van Christus
Nico van der Walt

Enkele perspektiewe Wie sal ooit die diepgange van Jesus Christus se lyding kan deurgrond - Sy lyding in die plek van die mense wat deur die Vader aan Hom vir verlossing toevertrou is? Hoe sal ons o [ ... ]


Other Articles

Facebook Twitter Digg Google Bookmarks 

Banner
Banner