Antipas

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Heroute


AH0024 Die Here Jesus se bovertrek beloftes No.2

Deel 2: Die Gees van die waarheid

Dis die aand voor die Here Jesus se kruisiging. In Jhn 16:12-13 sê Hy vir Sy dissipels dat daar nog baie dinge is wat Hy vir hulle wil sê, maar dat dit nie kan gebeur vóór die Gees se koms nie. Daar is ten minste twee redes hiervoor:

Eerstens moet meeste van die Nuwe Testamentiese heilsgebeure nog plaasvind: kruisiging, opstanding, hemelvaart, Pinkster. Wat sal die dissipels nou al daarvan kan begryp?

Tweedens is die dissipels in elk geval geestelik net té onvolwasse om die verhewe geheimenisse van die Nuwe Verbond te verstaan. Daarvoor is die verligtende werk van die Gees nodig (1Kor 2:10‑16; 2Kor 4:3‑6).

Maar die dissipels kry wonderlike beloftes. As die Gees van die waarheid eers gekom het, sal Hy hulle in die volle waarheid inlei. Onmiskenbaar word die inspirasie van die Nuwe Testamentiese openbaring hier geïmpliseer.

Read more...
 

AH0023 Die Here Jesus se bovertrek beloftes No.1

Deel 1: Die Helper

Van die mees basiese openbaring oor die Heilige Gees word in Jhn 14-16 aangetref (Jhn 14:16-17; 14:25-26; 15:26-27; 16:7-14). Wie die hoekpenne verwaarloos wat hier ingeslaan word, loop spoedig skeef in sy beskouinge oor die Gees en Sy werk.

Read more...
 

AH0022 Die onvergeeflike sonde

Wat is dit? En wat is dit nie?

Die Bybel is vol ernstige waarskuwings. Een waarskuwing is egter meer angswekkend as al die ander: daar is 'n sonde wat God nie vergewe nie!

In Mat 12:31-32; Mrk 3:28-30 en Luk 12:10 sê die Here dat lastering teen die Heilige Gees nie vergewe sal word nie.

Read more...
 

AH0021 Om God te ken

Ons heel hoogste roeping

Niks is belangriker vir die individuele gelowige, die kerk en die teologie as ware kennis van die Drie-enige God nie.

Enersyds is dit waar dat onwaardige opinies oor God aan die wortel van feitlik alle gebreke en dwalinge in die kerk lê. Andersyds is dit ewe waar dat daar nooit 'n egte herlewing was waarin 'n diep ontsag vir God nie 'n fundamentele rol gespeel het nie. En ontsag vir God is 'n uitvloeisel van die kennis van God.

Niks gee dus dieper insig in 'n gemeente, 'n persoon of 'n prediker nie, as die hartsoortuiginge wat oor God gehuldig word. En, laat ons onthou, hierdie oortuiginge kom onfeilbaar tot uitdrukking - óf in woorde en dade, óf in swye en nalatings.

Read more...
 

AH0020 Die doop met die Heilige Gees

Die groot gawe aan gelowiges van die Nuwe Verbond

Uiteenlopende idees oor presies wat die doop met die Heilige Gees is, is alledaags. Dikwels berus mense se opinies op allerlei vreemde ervaringe en die simplistiese hantering van Skrifgegewens. Verwarring is aan die orde van die dag.

Hierdie verwarring is tragies, aangesien die doop met die Heilige Gees aan die hart lê van Jesus Christus se regering. En dis onnodig, aangesien die Godsopenbaring 'n klokheldere getuienis oor hierdie saak lewer.

Read more...
 

AH0019 God se soewereine regering

Is daar sin in die lewe? Is daar koers in die geskiedenis? Alle denkende mense het deur die eeue hiermee geworstel.
Read more...
 


Page 6 of 9

Nuusflits

Van die beste Konferensie preke op mp3 is nou beskikbaar vir gratis aflaai op ons suster webwerf Nuni De !! (Nog preke sal mettertyd opgelaai word)

 

waterval1a.jpg

Gewilde Artikels / Popular Articles

E0130 Die genade van lyding
Nico van der Walt

JOB 1:20-3:19 [3] MIN DINGE WYS SO DUIDELIK UIT VAN WATTER STOFFASIE IEMAND GEMAAK IS, as óf uitsonderlike voorspoed, óf uitsonderlike teëspoed.
Baie mense kan welvaart nie hanteer nie; dit l [ ... ]


AH0052 Die lyding van Christus
Nico van der Walt

Enkele perspektiewe Wie sal ooit die diepgange van Jesus Christus se lyding kan deurgrond - Sy lyding in die plek van die mense wat deur die Vader aan Hom vir verlossing toevertrou is? Hoe sal ons o [ ... ]


Other Articles

Facebook Twitter Digg Google Bookmarks 

Banner
Banner