Antipas

  • Increase font size
  • Default font size
  • Decrease font size
Heroute


AH0036 God se hoogste openbaring No.4

'n Bespreking van Jhn 1:14 : Die Enigste Seun se Heerlikheid

As ons die woord "heerlikheid" hoor, dink ons onmiddellik aan glans en mag, aan luister en majesteit. En dis nie verkeerd nie, aangesien die Bybel dikwels só daaroor praat. Begin mens egter nadink oor wat Johannes presies hiér bedoel, wonder jy of dit is wat hy in gedagte het.

Read more...
 

AH0035 God se hoogste openbaring No.3

'n Bespreking van Jhn 1:14 : Én God én Mens 

 Tydens die eerste twee eeue was die stryd tussen die waarheid en die leuen van 'n algemene aard. Tydens die 3de en 4de eeue het die konflik meer spesifiek geraak: oor die Drie-enigheid van God. Uiteindelik het die Sinodes van Nicea (325) en Konstantinopel (381) klarigheid gebring deur die ortodokse geloof hieroor akkuraat te formuleer.

      Die volgende aanslag van die bose het oor die Persoon van Jesus Christus gegaan - besonderlik oor Sy twee nature, die Goddelike en die menslike. Hoewel die hoofstroom van die kerk onseker was oor die samehang van die twee nature van Christus, was daar min twyfel oor die feit dat Hy sowel ten volle God as ten volle mens is.

Read more...
 

AH0034 God se hoogste openbaring No.2

'n Bespreking van Jhn 1:14 : Ten volle Mens 

 Hoe kan ons ooit gemeenskap hê met die allerhoogste, driemaal heilige en ewige God van hemel en aarde? Voor die sondeval, ja, toe kon dit dalk nog. Maar ons is so gering, sondig en verwerplik - sukkelende mislukkings.

      As ons Hom net kon sien. Maar Hy is die verskuilde God. Al wat ons van Hom kan sien, is Sy werke.

      Of is dit?

Read more...
 

AH0033 God se hoogste openbaring No.1

'n Bespreking van Jhn 1:14 : Ten volle God 

 Sonder twyfel is Jhn 1:14 een van die merkwaardigste verse in die ganse Bybel. Dit breek verbysterende waarhede vir ons oop. Só ryk is die vers dat ons meer as een Herout daaraan moet wy. Kom ons begin dan van 'n kant af en werk stapsgewyse deur die vers. Eerstens kyk ons na die begrip, "die Woord".

Read more...
 

AH0032 God se beeld in die mens as man en vrou

Liefdesgemeenskap, statusgelykheid, rol- en gesagsonderskeid

 DIE BEELD VAN GOD
 
□    
God het die mens na Sy beeld geskep. Hierdie beeld is ernstig deur die sondeval verwring, maar nie heeltemal vernietig nie (Gen 1:26-27; 5:1; 9:6). God los dit egter nie so nie, maar deur Sy verlossingswerk in Christus herstel Hy die mens na Sy beeld.
 
□    Wat behels God se beeld in die mens?

Read more...
 

AH0031 Die mens se verantwoordelikheid

‘n Bespreking van Esegiël 18

 AGTERGROND
 
□    
Dis die Babiloniese ballingskap, amper 600 jaar voor Christus. Onder die Joodse ballinge in die vreemde is daar ‘n gesegde: “Die pa’s eet groen druiwe, en dan word die kinders se tande stomp.” (18:2). Ook in Palestina word dit gebruik (Jer 31:29-30).
 
      •    Sekerlik het die ballinge baie bespiegel oor die redes vir die ballingskap. Oënskynlik was 'n algemene opinie dat dit te wyte was aan die voorgeslagte se sondes. Per slot van rekening, as die vadere gehoor gegee het aan die profete se oproepe om hulle te bekeer, sou hulle nageslag nie nou in ellende gesit het nie. Dus wil die spreekwoord te kenne gee dat die voorgeslagte gesondig het, maar dat hulle kinders - die huidige geslag - nou die spit moet afbyt.
 
            ~    Na alle waarskynlikheid het diegene met so 'n opinie ook die Tweede Gebod as ondersteuning nader getrek: “Ek ... is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat” (Exo 20:5, OAV).
 
      •    Let op hoe sterk die Here aanstoot neem aan hierdie spreekwoord (18:3). Waarom?

Read more...
 


Page 4 of 9

Nuusflits

Van die beste Konferensie preke op mp3 is nou beskikbaar vir gratis aflaai op ons suster webwerf Nuni De !! (Nog preke sal mettertyd opgelaai word)

 

sonsondergang1.jpg

Gewilde Artikels / Popular Articles

E0130 Die genade van lyding
Nico van der Walt

JOB 1:20-3:19 [3] MIN DINGE WYS SO DUIDELIK UIT VAN WATTER STOFFASIE IEMAND GEMAAK IS, as óf uitsonderlike voorspoed, óf uitsonderlike teëspoed.
Baie mense kan welvaart nie hanteer nie; dit l [ ... ]


AH0052 Die lyding van Christus
Nico van der Walt

Enkele perspektiewe Wie sal ooit die diepgange van Jesus Christus se lyding kan deurgrond - Sy lyding in die plek van die mense wat deur die Vader aan Hom vir verlossing toevertrou is? Hoe sal ons o [ ... ]


Other Articles

Facebook Twitter Digg Google Bookmarks 

Banner
Banner