SENDINGFOKUS

SENDING NUUS

Sendelinge en Sendingorganisasies wat deur ons ondersteun word sal van tyd tot tyd in hierdie kolom onder die soeklig kom sodat almal kan weet wat gedoen word om die Koninkryk uit te brei. Dan kan daar sinvol vir die behoeftes gebid word en ook deur daadwerklike bydraes gehelp word om ons sendelinge by te staan.

Sendingwerk is geen vakansie in die buiteland nie! Dis probleem op probleem wat dikwels sonder die vereiste middele opgelos moet word.

Daar is:
• die kultuurverskille wat skeiding bring
• vals godsdiens wat vooroordeel en geslotenheid vir die Evangelie mee bring
• tekorte aan voedsel en skoon water
• malaria en cholera
• slegte paaie, voertuigkapers
• bedelaars, werkloosheid, armoede en ongeletterdheid
• geen gewaarborgde salaris, mediese bystandsfonds of aftreevoordele nie

Maar desnieteenstaande is daar die wonderlike troos wat van bo kom uit die wete dat jy in die sentrum van God se wil staan. Dat niks jou kan oorkom wat nie deur die Vader beplan is en beheer word nie.

En veral is daar die blydskap en vrede wat alle verstand te bowe gaan wat ervaar word wanneer dit die Here behaag om 'n oes te gee op die moeitevolle saaiwerk.

Wanneer jy kan sien in die oë van jou luisteraar dat die Here iets in hom of haar gedoen het wat jy nie kon regkry nie - die wedergeboorte!

Al was daar ook geen oes dan was dit nog meer as die moeite werd, omdat God verheerlik word, en die Evangelie verkondig is!
 

SENDELINGE & UITREIKINGS  
   
Bennie & Mags Bonthuys - Senegal Wes Africa - Kaffrine en omgewing is 'n droë sanderige gebied in die binneland van Senegal - Wes Afrika. Die meeste van die bevolking volg 'n samevoeging van Islam en tradisionele Afrika gelowe.
Volg vir meer inligting

Gevangenisbediening - Om gevangenisbediening in ’n paar woorde op te som, is nie maklik nie, omdat dit meestal ’n onbekende terrein vir die deursnee gelowige is. Om die bose kringloop van misdaad te verbreek, is daadwerklike rehabilitasie van gevangenes nodig - en veral geestelike rehabilitasie.
Volg vir meer inligting

Mobiele evangelisasie trust - M.E.T. is 'n tent sending aksie met 'n visie vir die onbereikte en verwaarloosde groepe in Suid Afrika.
Veldtogte word hoofsaaklik in plattelandse en gebiede gehou en nie gewoonlik in stedelike en semi-stedelike gebiede, waar daar normaalweg genoeg kerke en geestelike hulp beskikbaar is.
Volg vir meer inligting


* MET nuusbrief 2007 November
Basie en Caryn Floor
Bybel vertaling en opleiding in die Portugees sprekende gebiede in Suider Afrika en spesifiek in Mosambiek.
Volg vir 'n getuienis

Nunide'
'n Bediening wat in die lewe geroep is om die waarheidsevangelie in sowel Afrikaans as Engels so wyd en goedkoop moontlik te versprei in oudio en video formaat.
Volg vir meer inligting


Kontak: Alex Van Der Merwe
ePos: alex@nunide.org.za

Oudio Preke | Lektuur | Konferensies | Boeke | Kontak Ons

 

 • Tuis
 
Oudio Preke
 • Teologiese Opleiding
 • Lektuur
 
Wie en wat is ons?
 • Boeke
 
Konferensies
 • Sending Nuus
 
Oudio Argief
 
Kontak Ons

 • Ander Skakels

VIR 'N VRIEND


Soek in hierdie webwerf.. Search inside this Website

Vir 'n meer gevorderde soektog - dubbel kliek op SOEK kliek daarna bo-aan die bladsy wat oopmaak op ADVANCED SEARCH en gebruik die opsies voorsien


 

Tuis | Oudio Preke | Teologiese Opleiding | Lektuur | Wie en wat is ons? | Boeke | Konferensies | Sending Nuus  |  Kontak Ons

Last updated / Opgedateer:
Copyright: None / Kopiereg: Geen