 |
Die boek
Job fassineer gelowiges deur die eeue. Dis omdat dit
van die moeilikste lewensvrae aanspreek. Maar dis
kwessies waarmee almal van ons tot 'n mindere of
meerdere mate te doen kry - party van ons vroeër in
ons lewens, ander weer later. Hierdie boekie
behandel meeste van die groot temas van die boek
Job, en werp lig op Job se worstelinge, nie net met
sy omstandighede nie, maar ook met die advies van sy
vriende. Talle geloofslesse word daaruit afgelei.
Uiteindelik, na aanleiding van die laaste hoofstukke
se aangrypende en verhewe beskrywing van God se
majesteit, word afgesluit met 'n in-diepte kyk na Sy
soewereine almag en hoe dit in Sy kinders se lewens
tot uitdrukking kom. |