Die doel van Herout is
om Bybelse lering in die vorm van kort, bevatlike studiestukke
gratis beskikbaar te stel, ten einde begrip van en geloof in
die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik
te bevorder. Hierdie lewensbelangrike waarhede is kernagtig
en uitnemend geformuleer in die groot belydenisskrifte wat ontspring
het uit die sestiende-eeuse Reformasie en is gebaseer op die
fundamentele geloofsvertrekpunte:
Die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof
alleen, die eer van God alleen.
| HEROUT Per Slakkepos |
Die Heroute word op 'n 6
weeklikse basis per landpos gepos. Indien U op hierdie poslys wil kom Kliek hier --
|
|
|