God se wil en my lewe
|
| |
Deur Nico
Van Der Walt
|
 |
Om God se wil te doen is 'n prioriteit,
'n hartstog en 'n strewe in elke ware Christen se lewe;
dit kan nie anders nie.
Hierdie begeerte vloei voort uit God se herskeppingswerk
in ons. Wanneer die Here Sy wette op jou hart skryf,
plant Hy daarmee saam die verlange om Sy wil te doen.
Tog hoor ons dikwels gelowiges sukkel om God se wil
vir hulle lewe te onderskei. In die boek word 'n aantal
basiese vertrekpunte en praktiese riglyne gegee in 'n
poging om gelowiges deur die doolhof hedendaagse leringe,
resepte en bygelowe oor hierdie saak te begelei. |
Met sy praktiese aanslag
wys Nico Van Der Walt hoe om God na bo, na binne én na buite te dien.
Die lewe in die voetspore van die Here Jesus is en bly
'n weergalose avontuur. Die Here wil ons elke dag gebruik
as sy medewerkers. En watter groter vreugde is daar
as om vrug te dra in Sy koningryk! 'n Lewe tot God se
eer en volgens Sy wil is ook binne jóú bereik. Leef net... |
| |
Woordgefundeerd
Godgesentreerd
Christusgefokus |
Inhoud:
● God se
wil in die bybel.
● God se soewereine regering.
● 'n Waarheid kosbaarder as goud.
● Goeie werke deur God
voorberei.
● Die volheid van die Gees.
● 'n Tragiese
verhaal.
● Die genoegsaamheid
van die Woord.
● Op watter
pad is jy?
● Na bo,
na binne, na buite.
● Die navolging
van Jesus.
● Mag ek
of mag ek nie?
● Besluitneming. |
|
|
Woordverspreiding
Posbus 28028, Sonlandpark, 1944.
Bankrekening: 480-150-953.
ABSA Vereeniging-takkode: 63-01-37
Tel (016) 429-1100 of 429-1923.
E-pos bestelling by josef@the-diet.co.za
|