Antipas
Gereformeerde Baptiste Gemeente

  Welkom by 'n gereformeerde webtuiste - Antipas Pretoria

 

Oudio Preke | Lektuur | Konferensies | Boeke | Kontak Ons

 

 • Nuwe Oudio Preke
 
Oudio Argief
 • Teologiese Opleiding
 • Lektuur
 
Wie en wat is ons?
 • Boeke
 
Konferensies
 • Sending Nuus
 
Kontak Ons

 • Ander Skakels

VIR 'N VRIEND

Soek in hierdie webwerf.. Search inside this Website

Vir 'n meer gevorderde soektog - dubbel kliek op SOEK kliek daarna bo-aan die bladsy wat oopmaak op ADVANCED SEARCH en gebruik die opsies voorsien


E-Preek & E-Herout inskrywingsvorm

 

‘n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

Joh 13:34-35

 
Hier beskikbaar is gratis Bybelse lering in die vorm van oudio preke asook kort studiestukke ten einde begrip van en geloof in die Godgesentreerde beginsels van die Woord so wyd as moontlik te bevorder.
Hierdie lewensbelangrike waarhede is uitnemend geformuleer in die groot belydenisskrifte wat ontspring het uit die sestiende-eeuse Reformasie en is gebaseer op die fundamentele geloofsvertrekpunte: die Skrif alleen, genade alleen, Christus alleen, geloof alleen, die eer van God alleen en word kernagtig uiteengesit in die volgende oudio preke:


SOLI DEO GLORIA - DIE EER VAN GOD ALLEEN
SOLUS CHRISTUS - CHRISTUS ALLEEN
SOLA SCRIPTURA - DIE SKRIF ALLEEN
SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN
SOLA FIDE - GELOOF ALLEEN
 

NUUT  NUUT NUUT  NUUT NUUT  NUUT

Ek is tans besig om te werk daaraan om hierdie webwerf op te gradeer. Dit is deels om die onderhoud van die webwerf te vergemaklik maar ook om u as gebruiker te help om makliker by materiaal uit te kom. Omdat ek tegelykertyd hierdie huidige werf moet byhou en aan die ander werf werk sal beteken dat ek soms hier en daar 'n bietjie agter raak met die byhou van hierdie een in die interim periode, so wees maar geduldig met my. (Web Admin)

 

          OUDIO PREKE

- A01082  Hd 7v56-8v8 Hand. No_14 Die stad en die oorsteek van gebied - J de Koning 2008-07-13
- A01083 Ef 4 v 22-27 Satan soek die gaping van n wrok  - J de Koning 2008-07-13
   
  

          E-PREEK , E-HEROUT & TRAKTATE

E0128 Job 1'1-11 1 - Die man na God se hart. 23-04-2008
E0129 Job 1'6-2'10 - Satan God se kneg 23-04-2008
   

JOB - WONDERLIK BEGENADIGDE MAN VAN GOD

Die boek Job fassineer gelowiges deur die eeue. Dis omdat dit van die moeilikste lewensvrae aanspreek. Maar dis kwessies waarmee almal van ons tot 'n mindere of meerdere mate te doen kry - party van ons vroeër in ons lewens, ander weer later. Hierdie boekie behandel meeste van die groot temas van die boek Job, en werp lig op Job se worstelinge, nie net met sy omstandighede nie, maar ook met die advies van sy vriende. Talle geloofslesse word daaruit afgelei. Uiteindelik, na aanleiding van die laaste hoofstukke se aangrypende en verhewe beskrywing van God se majesteit, word afgesluit met 'n in-diepte kyk na Sy soewereine almag en hoe dit in Sy kinders se lewens tot uitdrukking kom.
 
GOD SE HOOGSTE & FINALE OPENBARING

Onderstaande vrae - en talle ander - sal Bybels-verantwoordelik en in pas met die oortuigings van die regsinnige en historiese Christelike geloof beantwoord word.

Ken jy Jesus Christus soos jy moet?
Hoe verstaan die kerk deur die eeue Sy twee nature en die samehang daarvan?
Hoe het Jesus Christus God se heerlikheid aan ons geopenbaar?
Wat is die hart van jou oortuigings en belewinge in jou verhouding met God?

 Vir meer inligting »»

 
 
 

 

IN FOKUS

GOD SE WIL EN MY LEWE

In die boek word 'n aantal basiese vertrekpunte en praktiese riglyne gegee in 'n poging om gelowiges deur die doolhof hedendaagse leringe, resepte en bygelowe oor hierdie saak te begelei.
 
 Lees meer »»
 
E-PREEK & E-HEROUT  
Die preeknotas in PDF formaat (Adobe Acrobat) word op 'n weeklikse basis en Heroute word op 'n 6 weeklikse basis ge-e-pos.

 Vir meer inligting »»

 
Sola5
  SOLA 5 is focussed upon bringing together biblically-minded, God-cantered churches and individual believers to encourage one another to meet this need throughout the whole southern African region.
 
 

GOD SE VRYE GENADE

SONDE - Wat is dit en wat is dit nie? Waar kom dit vandaan? Wat is die implikasies?
UITVERKIESING - Is dit Bybels? Wat is dit en wat is dit nie? Is ek verantwoordelik en toerekeningsvatbaar? Het ek ‘n vrye wil? Presies hoe steek die vurk in die hef?

JESUS SE MIDDELAARSDOOD
- Wat het presies op Golgota gebeur? Hoe effektief was dit? As Jesus vir almal gesterf het, waarom gaan sommige nog verlore?

 

Indien u waardering het vir die lektuur, help ons asseblief om CHRISTUS se boodskap wyer uit te dra.
Stel dit aan andere bekend, moedig hulle aan om in te teken op ons gratis lektuur bediening of stuur vir ons name en adresse van mense van wie u glo dat hulle die lektuur sal waardeer.
Ons stuur met graagte 'n eenmalige bekendstellingskopie aan diesulkes - waarop hulle dan kan regeer. Onthou net dat ons graag u naam as aanbeveler wil noem.

Ons verspreidings en redaksionele adres
E-pos :
admin@reformed.org.za
of
Tel & Faks: Charlotte Swanepoel: 012-
548-6099

Ons Geloofshoekpenne - (Sien ook Herout 44)

1. SOLI DEO GLORIA - DIE EER VAN GOD ALLEEN

Alles wat God beplan het en in die geskiedenis uitvoer (niks wat is of gebeur, is uitgeslote nie), het een finale doelwit, nl. om Homself te verheerlik. Die najaging van hierdie doel is dan ook elke mens se hoogste en onontkombare roeping. Om vir jouself te leef, is die wese van sonde

2. SOLUS CHRISTUS - CHRISTUS ALEEN

Hierdie genade wat God aan miljoene sondaars deur alle eeue betoon het, was nog altyd volledig gebaseer op die volmaakte middelaarswerk van Sy Seun, Jesus Christus, en daarop alleen.

3. SOLA SCRIPTURA -  DIE HELE SKRIF EN NET DIE SKRIF

Die hele Bybel, en net die Bybel, is God se besondere en geïnspireerde openbaring aan die mens. Daarom is dit algeheel betroubaar en die universeel gesagvolle norm vir leer en lewe.

4. SOLA GRATIA - GENADE ALLEEN

As 'n sondaar gered word, dan is dit geheel-en-al te danke aan God se vrye genade, en daaraan alleen.

5. SOLA FIDE - GELOOF ALLEEN

God verklaar enige en elke sondaar regverdig wanneer die vanuit sy of haar geestelike en morele bankrotskap volledig op die middelaarskap van Jesus Christus staat maak ten einde vir God aanvaarbaar te wees. Daar is geen ander manier om met God versoen te word nie. Geen menslike verdienste, van watter aard ook al, kan Christus se verdienste aanvul nie; trouens, die Woord waarsku uitdruklik dat enige poging daartoe diskwalifiserend is.

 
 Kopiereg: Geen

Dit staan enigeen vry om die inhoud van hierdie publikasie met of sonder erkenning te gebruik.
Die outeurs het immers self baie hulp by andere gekry. Hulle glo dis 'n suiwer uiteensetting van skrifopenbaring, en hul hartstog is om die waarheidsevangelie so wyd moontlik te versprei, nie om dit te kniehalter nie.

;Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet; ( Mat 10:8)

 
 

Tuis | Oudio Preke | Teologiese Opleiding | Lektuur | Wie en wat is ons? | Boeke | Konferensies | Sending Nuus  |  Kontak Ons

Last updated / Opgedateer:
Copyright: None / Kopiereg: Geen